Tuesday, May 24, 2011

Neels Ferreira

“Daar was sterk argumente ten gunste van die belangrike rol wat ‘n behoorlike invoertarief kan speel in die implementering van ‘n omkeerstrategie vir die graanbedryf”, meen mnr. Ferreira. ‘n Behoorlike invoertarief sou beslis gelei het tot ‘n onttrekking van hektare vanaf somergrane ten gunste van koringproduksie."

BLA BLA BLA BLA - Neels Ferreira, gee hom 'n nappie, hy is pap sop nat...

Graan SA sien dus die aankondiging van die tarief allermins as ‘n begunstiging, dit is onnodig ter wille van die verbruiker en laat die produsente weereens weerloos.

Verstaan die man nie hoe dit behoort te werk nie? Die regering behoort nie tussenbeide te tree nie - die MARK is die tussenganger. Wanneer dinge ten gunste is van die produsent, klim daar meer produsente in en wanneer dit kak gaan klim hulle uit. Dit is hoe dit behoort te werk. Maar ouens soos Ferreira maak sy lewe uit "lobbying" - hy word dus betaal om teen die verbruiker op te tree ten gunste van sy "constituency". Dit is vanuit 'n beginselposisie verkeerd, Maar nou ja, hy moet maar bler (hoe sit 'n mens 'n kappie op?)

Die impak van die tarief sal as ‘n saak van dringendheid met die Minister van Landbou bespreek word. Ek hoop hy neem 'n verbruiker saam wat nou meer as R 10 moet opdok vir 'n witbrood! Voer goedkoop koring in sonder fokken belasting daarop! Dit bevoordeel sommiges ten koste van die massas.

Hier is nog 'n poepol in die saga: http://poepolvandieweek.blogspot.co.za/2016/04/jannie-de-villers-ceo-of-farmers-lobby.html Kan hulle nie ophou om na die regering te kyk vir oplossings nie?