Thursday, January 7, 2016

Penny Sparrow

Arme tannie - wat het haar besiel? Die laaste ding op aarde wat 'n mens moet doen is om sekere mense met apies te vergelyk en haar pogings om daar uit te kom kry haar net dieper in die kak. Dan kry 'n mens ouens soos Herman Mashaba - ipv om vrye spraak te te ondersteun, probeer hierdie nuweling in die politiek munt daaruit te slaan deur die haatspraak element nader te klap. Beide maak my poepol lys hierdie week.

Ek wil tog nog iets se. En van my broer Andre se gunsteling uitdrukkings was: "do not attribute to malice that which can be explained with stupidity" Ek dink sy was hier oneindig nie nadenkend... Toe ek toe die oorsprong van die uitdrukking so 'n bietje navors kom ek to op die volgende af: Principle of Charity - ek wil dat ons almal in hierdie rasdebat wat nou ontketen is, kyk of ons hierdie beginsel kan toepas vir 'n beter samelewing (maw kom ons toon begrip vir hoe rassisme onstaan en manifesteer, sonder om dit noodwendig te aanvaar en goed te praat). Om dit te kriminaliseer is natuurlik bollies en sal beteken dat ons 'n wag voor ons mond moet sit en vrye spraak sal sy gat lieflik sien. Dis belangriker om dit te beskerm meer as om seergemaakte gevoelens te beskerm.